Die laaste tyd gebeur dit aanhoudend dat ek vir die Here se: "Laat U Koninkryk kom". Maar wat beteken dit regtig? Toe se HG die Koninkryk moet lewe kry in ons is harte, in ons huise. Ons moet Koninkrykslewe lewe in ons huis. Die kinders moet grootgemaak word vir die Koninkryk van God. Moenie lewe vir die wereld nie. Koninkrykslewe begin in ons harte. (Luk 17:21: "... die koninkryk van God is binne-in julle")
Die oggend se HG daar moet ook op ons harte geskryf wees "Jesus". Dan sal elke sel in ons liggaam dit sien en begin buig voor Jesus en op so manier sal ons Koninkrykslewe kan begin lewe vauit ons harte. As elke sel in my wese begin buig voor God, omdat daar "Jesus" staan op my hart, sal my hele siel en liggaam later ook buig voor God. Ons gees buig al klaar voor God, maar ons siel sukkel.
Matt 26:41: "die gees is wel gewillig maar die vlees is swak"
Want die siel wil nog homself grootmaak, hy wil sy eie god wees. Op sommige mense se harte is nie "Jesus" geskryf nie, want hulle is hul eie god. Daardie god in homself moet afgebreek word, dis die enigste manier waarop hy op sy kniee gedwing word.
Weer le die HG dit op my hart dat Jesus nie kom sterf het sodat ons die gebooie moet weggooi nie. n Groot rede was sodat Jesus die mag oor sonde kom breek. Voordat Jesus gesterf het, kon die mens nie heers oor sonde nie, hulle het maklik gefaal en hulle kon net nie die knie buig voor God nie. Maar toe Jesus die bose kom oorwin het, het ons krag ontvang om die sonde te weerstaan en die knie te buig voor God.
HG geee Kollosense
Kol 1:13: "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde..."
As daar ""Jesus" op op harte geskryf word, het ons die besnydenis van hart ontvang deur die Gees. Dan sal ons kan buig voor God. Dan sal ons Koninkrykslewe kan lewe. Ons kan dit net lewe omdat Jesus kom sterf het vir ons sondes. Voordat Jesus kom sterf het vir ons sondes, was dit vir niemand moontlik om "Koninkryk" te lewe nie, want die bose magte was nog TE erg aan bewind. Maar toe Jesus sterf, het Hy hulle oorwin vir Sy kinders en kon Sy kinders nou triomfeer oor die bose en heers oor die sonde
Kol 2:15: "nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee het en hulle in die openbaar tentoon gestel het en daardeur oor hulle getriomfeer het"
As iemand sy eie god is, kan hy nie die God in Jesus raaksien nie. Daar is nie "Jesus" op sy hart geskryf nie, -want sy eie naam is op sy hart geskryf, hy is sy eie god. Hy kan dus nie die knie buig voor God nie en so iemand sal dit ook nie kan hanteer dat iemand na aan hom vir Jesus so lief kan raak nie, hulle kan dit net nie insien nie. So persoon sal dit haat dat die mense naaste aan hom lief raak vir Jesus. Hy sal dit probeer keer. Maar kyk wat sĂȘ Kol 2:Kol 2:18: "Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae he in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid, en nie vashou aan die Hoof nie"
1 Kor 4:20: "want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag"
Om God te bely net met die mond en met woorde, is vals, jou hart is dan nie daarin nie, "Jesus" is dan nie op jou hart geskryf nie En as Jesus nie op jou hart geskryf is nie, leef jy nie Koninkrykslewe nie, dan leef God nie in jou hart nie. As jou hart nie oorloop van vreudgde as jy dink aan Jesus nie, is Jesus nie op jou hart geskryf nie.


